Sluitingsdatum: 30 Oktober 2025
Ligging: Kroondal, Magaliesburg, Suid-Afrika
Skool: Deutsche Schule Kroondal (DSK)
Aanstellingsdatum: 1 Januarie 2026
Advertensiedatum: 25 September 2025
Die Deutsche Schule Kroondal (DSK) is ’n privaatskool geleë aan die voet van die Magaliesberge net buite Rustenburg. Sedert 1892 fokus die skool op karakterontwikkeling, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die skool bedien kinders van 3 jaar oud tot graad 7 en het ten doel om veeltalige, Christelike en gebalanseerde kinders te ontwikkel.
Vereistes vir die Ideale Kandidaat:
-
Vaardigheid in Duits sal ’n groot voordeel wees
-
’n Geskikte, Suid-Afrikaans-erkende kwalifikasie óf tans besig met studies in die rigting
-
Ervaring met kleuterskoolleerders sal voordelig wees
-
Passievol, energiek, gemotiveerd en georganiseerd
-
Goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede
-
Bereid om ’n polisie-klaring te bekom indien vereis
-
’n Geldige rybewys sal as ’n voordeel dien
Aansoekprosedure:
Stuur asseblief jou volledige CV, tesame met ten minste drie verwysings, aan een van die onderstaande kontakte:
📩 Skoolhoof:
Mev. Crystelle Marais
✉️ principal.dsk@kroondal.org.za
📞 014 536 3814 / 082 373 5658
OF
📩 Voorsitter van die BHL:
Mnr. Bennie Havenga
✉️ bennie.havenga@gmail.com
📞 083 651 0249
🌐 Meer inligting: https://www.dsk.co.za
🔔 Neem asseblief kennis: Indien jy niks van ons hoor teen 15 November 2025 nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol.
