Sluitingsdatum: 30 Oktober 2025
Ligging: Kroondal, Magaliesburg, Suid-Afrika
Skool: Deutsche Schule Kroondal (DSK)
📅 Advertensiedatum: 25 September 2025
📆 Aanstellingsdatum: 12 Januarie 2026 – 27 Maart 2026 (voorlopig)
Die Deutsche Schule Kroondal (DSK) is ’n privaatskool geleë aan die voet van die Magaliesberge net buite Rustenburg. Sedert 1892 fokus die skool op karakterontwikkeling, integriteit, rentmeesterskap en medemenslikheid. Die skool bedien kinders van 3 jaar oud tot graad 7 en lewer onderrig hoofsaaklik in Afrikaans.
Hierdie aflospos is vir ‘n kraamverlof-tydperk in die Intersenfase.
Minimum Vereistes vir Aansoek:
Stuur die volgende dokumente saam met jou aansoek:
-
Volledige CV
-
Gewaarmerkte afskrif van kwalifikasie(s)
-
Gewaarmerkte afskrif van SARO-sertifikaat
-
Gewaarmerkte afskrif van ID-dokument
Basiese Vereistes van die Ideale Kandidaat:
-
‘n Geskikte, Suid-Afrikaans-erkende onderwyskwalifikasie en SARO-registrasie
-
Kennis van die Engels, SW, EBW, en Tegnologie kurrikulums
-
Ervaring in die onderrig van bogenoemde vakke (Graad 4–7) is voordelig
-
Passievol, energiek, gemotiveerd en georganiseerd
-
Goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede
-
Vaardigheid in Duits sal ‘n beduidende voordeel wees
Verantwoordelikhede:
-
Aanbieding en assessering van:
-
Engels vir Graad 4–5
-
Sosiale Wetenskappe vir Graad 6
-
EBW en Tegnologie vir Graad 7
-
-
Aktiewe deelname aan die ekstra-kurrikulêre en kulturele programme van die skool
Aansoekrigting:
Stuur jou aansoek, met alle vereiste dokumente en ten minste drie verwysings, aan:
📩 Die Skoolhoof:
Mev. Crystelle Marais
✉️ principal.dsk@kroondal.org.za
📞 014 536 3814 / 082 373 5658
OF
📩 Voorsitter van die BL:
Mnr. Bennie Havenga
✉️ bennie.havenga@gmail.com
📞 083 651 0249
🌐 Meer inligting: https://www.dsk.co.za
💬 Indien jy geen terugvoer ontvang voor 15 November 2025 nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol.
